Bosman Adama Plant Improvement

Plantverbetering

Om aan optimale vlakke van plantmateriaal van hoë fitosanitêre status te beskik vir Bosman Adama en sy kliënte se behoeftes, was eienaarskap van Ernita PVO in 2014 oorgeneem asook die genepoel van klone wat onder hierdie PVO hanteer is. Ons spesialis-span wat in beheer is van die plantverbeteringseenheid, het reeds sedert 1975 ervaring in hierdie dissipline. Sedertdien is die funksies van plantverbetering ook uitgebrei na tafel-en droogdruiwe asook die invoer van nuwe druifkultivars.

Die plantverbeteringseenheid van Bosman Adama is deel van die Suid-Afrikaanse Plantverbeteringsskema (Plant SA) wat in beheer is van die omvattende skemas wat die gehalte van plantmateriaal in die Suid-Afrikaanse wingerdbedryf kontroleer en beheer.

Die plantverbeteringeenheid kan die onderstaande funksies en dienste bied:

  • Behulpsaam wees met die invoer en kwarantyn van nuwe plantmateriaal (klone)
  • Toets, vermeerdering en die evaluering van nuwe plantmateriaal deur middel van hitte-terapie en in vitro vir die virus reiniging van plant materiaal (waar van toepassing)
  • Onderhoud en instandhouding van die genepoel.
  • Die vestiging van kern- en grondverbeteringseenhede waarna dit in ‘n grondves kwekery vermeerder word soos behoefte vir die vestiging van moederblokke.
  • Lewering van ‘n inspeksie-diens met eie inspekteurs om die gehalte van plantmateriaal volgens die nasionale skemas te kan lewer.
Contact Us

Not readable? Change text. captcha txt