Lelienfontein word bestuur en onderhou deur bevoegde, voltydse personeel: Eienaar Jannie Bosman, sy seuns en permanente plaashande wat onlangs ʼn aandeel in die besigheid bekom het. Dit is ons beleid om werk te skep vir elke persoon wat op die plaas woon. Die personeel betrokke by die enting van die stokkies is hoogs gekwalifiseerd en bekwaam ‒ sommige met meer as 20 jaar se ervaring.

  • Jannie Bosman
    Jannie Bosman Voorsitter

    Jannie is gebore in 1955 en het in Hugenote Hoërskool in Wellington skoolgegaan. Hy het sy B.Agric (Admin) graad van die Universiteit Stellenbosch ontvang. Sedert 1979 was sy bydrae in die ontwikkeling van Bosman Adama tot die suksesstorie wat dit vandag is, reusagtig.

  • Petrus Bosman
    Petrus Bosman Besturende Direkteur

    Petrus is in 1981 gebore en het in Paul Roos Gimnasium skoolgegaan waarna hy sy B.Acc (BCommHons.) van Universiteit Stellenbosch behaal het. Hy sluit in 2004 by die Bosman Adama-span aan en speel ʼn belangrike rol in die strategiese ontwikkeling van Bosman Adama.

  • PD Bosman
    PD Bosman Operasionele Bestuurder

    PD is in 1983 gebore en het in Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch gematrikuleer waarna hy sy B.Agric (Admin) graad van die Universiteit van Stellenbosch behaal het. In 2006 sluit hy by die res van die Bosman Adama-span aan waar hy veral fokus op dag-tot-dag bedrywigheide van die kwekery en ander plaasaktiwiteite.

  • Jan Bosman
    Jan Bosman Kwekery Bestuurder

    Jan is in 1984 gebore en het in Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch skoolgegaan waarna hy sy B.Sc (Wingerdbou en Plantpatologie) by die Universiteit van Stellenbosch ontvang het. Hy het by die Bosman Adama-span in 2008 aangesluit waar hy spesifiek fokus op die tegniese aspekte van stokkies kweek.

  • Ivan Thomas
    Ivan Thomas Assistent Kwekerybestuurder

    Ivan het 20 jaar ondervinding in die Kwekery. Hy het skool gegaan te Bergrivier, Wellington. Hy sluit aan by ons in 1990 as algemene plaaswerker. In 1995 word hy assistant Kwekery bestuurder. In 2015 ontvang hy sy sertifikaat vir plant inspekteur.

  • Johan Arnolds
    Johan Arnolds Versendingsbeampte

    Johan is in 1972 gebore en het by Weltevrede Senior Sekondêr in Wellington skoolgegaan. Hy sluit in 1988 by die Bosman Adama-span aan. Hy is die vriendelike spanlid wat jou sal help tydens die uitvoering van jou bestelling van stokkies.

  • Lourens Steyn
    Lourens Steyn Bemarking & Kliëntediens

    Lourens is gebore in Wellington in 1990. Hy het Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch bygewoon en het sy tersiêre opleiding in landbou aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie in 2015 voltooi. Hy het in 2016 by Bosman Adama aangesluit en is verantwoordelik vir bemarking en kliënteverhoudings van die kusstreek, Robertson, De Doorns, die Noord-Kaap en Namibië.

  • Celesté Steyn
    Celesté Steyn Verkope en Plantmateriaal

    Celeste het in 2013 by die Lelienfontein span aangesluit. Sy het matrikuleer by Hoërskool Paarl Gimnasium waarna sy haar graad in B.Sc Ekologie en Natuurwetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi het.  Celeste is verantwoordelik vir verkope en DTD bestellings.

  • Nicolene Klopper
    Nicolene Klopper Verkope & Logistiek

    Nicolene het by Hugenote Hoërskool in Wellington gematrikuleer waarna sy haar tersiêre opleiding van Damelin ontvang het. Sy het in 2004 by die Lelienfontein-span aangesluit en is verantwoordelik vir verkope en logistiek.

  • Marietta Louw
    Marietta Louw PLANTVERBETERINGBESTUURDER

    Marietta is deel van die bestuur van plantverbetering. Sy verskaf ondersteuning aan personeel en is nou betrokke by die indiens opleiding van personeel.

  • Hendrik Filand
    Hendrik Filand PVB INTERNE WINGERDTEGNIKUS

    Na formele opleiding in bestuur- en wingerdkunde ontvang Hendrik indiens opleiding in alle fasette van wingerd plantverbetering asook tonnelbestuur en rekenaarvaardigheid. Hy is ook ‘n gekwalifiseerde plant inspekteur van PlantSA en verantwoordelik vir indiens opleiding van die res van die personeel.

  • Mariaan Samuels
    Mariaan Samuels Tonnelbestuurder

    Mariaan het 10 jaar ondervinding in die Kwekery waarvan 5 jaar se ervaring as tonnelbestuur gaan. Sy is in 1984 gebore en het by Bergrivier gematrikuleer.

Contact Us

Not readable? Change text. captcha txt